Monday 5 December 2011

Kazan, 6 Desember 2011

Vannag met die nagtrein aangekom, 8uur hier, nog heeltemal donker. Maar uit die venster kan ek reeds die groot, verligte Kremlin sien - rede waarom ek gekom het. Goor buite: nat, fyn reentjie, modder en sneeu wat besig is om te smelt. En soos gister, kom mens nie in 'n stasiegebou aan nie, maar jy klim uit op 'n oop perron. Die Russe maak dit nie maklik vir hulle mense nie!

Stap agter mense aan, sommer oor spore en jy moet versigtig trap want sneeu wat smelt en reen het weer begin ys en dis glad. Met die aankoms het ek MacDonalds se bord 'n end weg gesien en stap soontoe - en weer, soos gister in Klin, moet jy mooi loop om uit poele water, gesmelte hope sneeu weg te bly. Die Russe is ook nie groot wanneer dit by sypaadjies kom nie.

MacDonalds: ja, nie lus vir gesukkel om te probeer verstaan wat daar is om te eet nie, dat ek koffie met melk wil he nie - en hier weet ek, gaan ek lekker koffie kry en weet wat ek eet - en dis warm en 'n skoon toilet - en die bonus van wi-fi.

Half 10 en nog nie lig genoeg om te loop nie.

No comments:

Post a Comment