Monday 5 December 2011

Saterdag 26 November 2011: aankoms in Moskou

Land Saterdagmiddag vyf uur se kant in Moskou, maar dis reeds skemerdonker. Hier en daar lê  oorblyfsels van sneeu, maar dit is nie ‘n wit Russiese landskap soos ek gehoop het ek gaan kry nie.  Om deur die doeane te kom vat tyd maar lewer geen probleme op nie, my tas het wel ‘n skeur of twee by na die Johannesburg-Frankfurt-Moskou vlugte.
Staan so driekwartuur vir Lyuba en wag. Nuwe lughawe maar die aankomsdeel is nie ‘n besonder inspirerende plek om tyd te spandeer nie. Sy is op die ou end ‘n uur laat, en vertel dat dit haar drie ure geneem om by die lughawe te kom - wat ek aanvanklik nie glo nie, totdat ek daarna self die verkeer ervaar. Dit is ‘n nagmerrie. Selfs vir ‘n leek duidelik dat die stad nie vir privaatvervoer voorsiening gemaak het nie en hoe daar ook probeer word, soos die nuwe vyflaan-toevoerpaaie daar net te veel voertuie is – en die gewone strate kan dit nie hanteer nie.
Boonop het sy vir my ‘n hotel aan die ander kant van die stad bespreek want die lughawe van waar ons Dinsdag na Ekaterinburg vlieg, is aan daardie kant van die stad! Donker, maar kan sien hoe daar gebou word – en kan sien dis koud buite!
Op die ou end eers half tien by my hotel!

No comments:

Post a Comment